![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Sunday 29th of February 2004 The Flight of the Phoenix…Ja, die Phoenix skud sy vere reg om Swakopmund die week.te verlaat na ‘n geslaagde produksie van die karakterdrama. Die avontuurfilm is in Namibie geskiet en die vervaardigers was volgens Wyck Godfrey van David Entertainment, besonder beindruk met die duinelandskap wat die volmaakte omgewing van afsondering en verlatenheid bied vir die noodlanding wat plaasvind. Die verhaal is ‘n spannende aksie-drama waarin ‘n groep oorlewendes na ‘n noodlanding toe die C – 119 in die Mongoolse woestyn betrokke was in ‘n massiewe sandstorm gestrand sit sonder hoop of redding. Nie alleen moet die dreigende terrein oorwin word nie maar die persoonlike spanning tussen die groepie dra by tot die felheid van hierdie stryd om lewe en dood. Die vliegtuig is totaal verwoes en die eienaardige Elliot (Giovanni Ribisi) sit vas met die loodse Towns (Dennis Quaid) en A.J. (Tyrese) en hy stel voor hulle bou ‘n nuwe vliegtuig uit die wrak. Dis waarskynlik hul enigste kans op oorlewing. Dis vergesog maar gaandeweg besluit hulle om hul verskille te vergeet en al hul energie te gebruik om onder Elliot se leiding, die Phoenix te bou. Volgens Wyck Godfrey was daar 76 dae beplan vir die projek en hulle sal dus hul program einde Februarie in Swakopmund, Walvisbaai en by Duin 7 voltooi. Die produksiespan sowel as die akteurs het duidelik verlief geraak op die kolletjie Namibwoestyn hier aan die weskus en praat reeds van terugkom om te kom kuier.Tyrese het Sondag-aand ‘n reuse konsert op die strand aangebied en het onder andere sy "Song for Africa", chapter 126 vir Afrika se mense gesing. Tyrese het duidelik sy hart hier verloor en het met waardering gepraat van hoe mense hier met so min tevrede is. Dis ‘n groot teenstelling met die materi-alisme van Amerika, volgens hom. Hy beskou himself as ‘n African American en sal beslis weer wil terugkeer na sy "roots" Die produksie is die grootste wat nog hier in Namibie gedoen is en die akteurs het ook iets probeer teruggee aan Namibie met die stigting van die Heart to Heart Sole Fund ter herdenking aan die seuntjie Sole wat hulle geborg het vir ‘n hart-operasie wat toe oorlede is. In die toekoms sal heelwat soortgelyke gevalle baat vind by die uitreik-aksie van die filmspan. Die vervaardiging van die film het ‘n stewige ekonomiese belegging oor ‘n wye spektrum hier aan die weskus gedoen in die paar maande wat hulle hier was. Dis egter duidelik dat Swakopmund sal moet versigtig wees met sy hantering van sodanige beleggers en veral let op pryse wat hulle van hulle verlang. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





