Nuwe Ontwikkeling vir "Jetty"

Saturday 6th of March 2004
Petra Hamman

Swakopmund se ysterkaai se lot is waarskynlik nou beslis. ‘n Private ontwikkelaar het aan die Raad ‘n aanbod gemaak vir die ontwikkeling van die pier en omgewing .

In ‘n nuwe aanbod sou die ont-wikkelaars ‘n ‘Jetty Trust Fund" stig en sou in wese die eienaarskap van die "Jetty" met die bestuur en finansiële sake dan oorneem. Ook die fonds van N$300,000 wat tot stand gebring is deur die inwoners vir die rehabilitasie moes aan hulle oorhandig word

Hierdie aanbod was nie vir die Raad aanvaarbaar nie en daar is derhalwe op die onlangse raadsvergadering besluit dat die voorstelle van T & C Properties vir die kaaiontwikkeling nie aanvaar sal word nie. Daar was vir die Raad geen werklike waarborg dat die kaai so gou as moontlik tot bevrediging van die Raad se vereistes restoureer sou word nie

Volgens die burgemeester me Rosina // Hoabes het die Raad lankal reeds die versekering gegee dat die kaai herstel sal word

Ook rdl H-D Goethje het gesê die enigste manier waarop die kaai gered kan word is wanneer die Raad die leiding neem. Vir die doel sal daar reeds die jaar geld begroot word om met die werk te begin. Later sal daar ook pogings aangewend word om internasionaal ondersteuning te kry om die doelwit van die Raad te bereik naamlik dat die kaai in geheel gerestoureer word.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia