Readers Letter

Friday 12th of March 2004
Bekommerde Belastingbetaler

lle inwoners en mense wat eiendom in Windhoek besit moet hierdie lees. u het ‘n verant-woordelikheid omdat u vir dinge betaal waarvan u moontlik nie bewus is nie. Daar sal vanjaar ‘n verkiesing wees vir Plaaslike Owerhede en u en almal wat bekommerd is kan ‘n verskil maak en kan ‘n keerpunt bring in ongemagtigde uitgawes en die kortsigtige aanwending van u geld.

Hoe kan u betrokke raak?

- As u nog nie as kieser geregistreer is nie, maak dit ‘n prioriteit (daar sal nog geleentheid wees)

- Stem dan vir die kandidate op die stembrief - Local Community Association (LCA)

Die volgende skrikwekkende be-weringe skreeu ten hemel:

1. Die Stadsraad het in 2003 ‘n 14de tjek goedgekeur vir alle Mu-nisipale werknemers. Dit beloop N$ 19.7 Miljoen

2. Die Stadsraad het in 2003 ‘n bedrag van N$ 300 000 bewillig vir ‘n "Independence Monument"

3. Die vorige Hoof Uitvoerende Beampte, Mnr. M. Shipanga, het ‘n jaarlikse salaris van ongeveer N$ 1.3 miljoen plus ander voor-dele ontvang

4. U betaal sedert 1 Julie 2003 vir die Stadspolisie (huidige bedrag ontvang is N$ 30 miljoen). Die polisiemag bestaan nog nie, maar Mnr A. Kanime is reeds as hoof van die mag aangestel en ontvang reeds ‘n volle salaris.

5. Die Stadsraad het 6 terreine ontwikkel vir tuin- en bourom-mel. Dit behoort gratis te wees vir inwoners van Windhoek omdat u reeds betaal vir vullis verwy-dering. Hierdie terreine is nou aan privaatkontrakteurs verhuur en u betaal ekstra as u rommel daar gaan weggooi.

6. Die Staat skuld die Stadsraad N$ 24 miljoen vir die erf vir die nuwe Staatshuis. Geen bou-planne is ingedien. Geen oordrag of besitreg het gerealiseer. Wie is verhef bo die wet?

7. Die Staat skuld volgens kontrak die Stad N$ 13.5 miljoen as deel vir die ontwikkeling van die Ramatex erf.

8. Die Stadsraad skuld aan verskillende banke N$ 174 miljoen vir lenings.

Dit is hoofsaaklik ons as Afrikaners wat onbetrokke is by hierdie projek.

U kan ook lid word van die WRA (Windhoek Ratepayers Asso-ciation). Die koste van lidmaatskap is:

- as u een eiendom besit: N$ 150 per jaar

- vir meer as een privaateiendom/ woonstel of besigheid: N$ 250 per jaar

- ‚n besigheid met takke: N$ 500 per jaar.

Kom ons raak betrokke by hierdie nie-politiese organisasie.

Kontak: The WRA, Posbus 2953, Windhoek, Tel. 061-225803

Bekommerde Belastingbetaler

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia