Kus-Toerisme neem af

Friday 26th of March 2004
Petra Hamman

As die afname in buitelandse besoekers in die land voortduur of selfs skerper word, het Namibie net homself langs die ongunstige wisselkoers om te verwyt. - Verskeie toeragentskappe het in die aanloop tot die Paasnaweek en die onafhanklikheidsnaweek in gesprek met PLUS hul kommer uitgespreek oor kansellasies en afname aan bespre-kings. Ongunstige pryse word as die rede aangegee.Reis en verblyfkoste het vir ‘n groot deel van voornemende besoekers net te veel geword en daar sal beslis na ander reisbestemmings gekyk word as die rolspelers in toerisme in die land nie drasties hul pryse in oënskou neem nie.

Veral oornag-pryse in die gebied is die een groot sondebok. Luukse lodges is daar te kus en te keur maar gaste spreek hul be-denkinge uit of pryse wel vir die gas waarde vir sy geld be-teken.

Dit is volgens een toeragent-skap, duidelik dat toeriste sonder skrome die rede vir hul kansellasies die pryse noem. Nie alleen die pryse vir oornag nie maar in dieselfde sin word etes in restaurante ook bygevoeg en wanneer ‘n reisiger sommer maklik moet N$8 of N$9 vir ‘n blikkie koeldrank met uithaal, word dit nie meer lekker nie al is die sonsondergang hoe romanties.

Dieb besoeker se vervoer in die land jaag hom ook groot bedrae geld uit die sak. Motorhuur is nie altyd na wense nie en dikwels ondervind die reisigers motorprobleme waar voertuie nie heeltemal op standard is nie. Hulle ken nie die paaie en die toestande van die paaie nie en het dikwels probleme met bande. Dit wil voorkom of daar nie genoegsame inligting aan die persone wat motors huur gegee word nie. - Sommige toeriste het skerp gereageer op die pryse en die stan-daarde en netheid van die Etosha rus-kampe. Die groot verskil in toe-gangspryse vir buitelandse gaste en plaaslike bevolking is ook nie in baie goeie gees aanvaar nie. Besoekers wat vir ‘n tweede keer die oorde besoek het, het meestal verwys na die agter-uitgang van diens en lae gehalte van die in-standhouding. Pryse word egter net verhoog en verbetering van diens bly agter wee.

Toerisme is nog een van die gunstige nywerhede wat nog kan werk-geleenthede bied, maar Namibiers is self verantwoordelik daarvoor dat hierdie gans se goue eiers in wind sal verander. Gulsigheid en gebrek aan bestuur en kennis is siektes van die gemeenskap wat wel genees kan word, maar dit kan ook terminaal word. Die keuse is ons s‘n

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia