![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Thursday 8th of April 2004 Vandag is 6 April. In die geskiedenis van Afrika is hierdie ‘n datum wat die gebeure op die vasteland ingrypend aangespreek het. 6 April 1652 land Jan van Riebeeck met sy drie seilskepies aan die Kaap met die doel om ‘n verversingspos te stig vir die handel van die HOIK met die Ooste. Dat ‘n nuwe volk gebore sou word, was op die tydstip nie voorsien nie. Maar die welvarendste gebied in Afrika sou ontstaan en ‘n nuwe taal, jongste spruit van die Germaanse taalfamilie sien ook die lig. Maar die gruwelikste menseslagting van die moderne tyd vind in Afrika, in Rwanda plaas in 1994 en hierdie volksmoord word ook vandag herdenk. Die "beskaafde, christelike" wêreld van die Weste het na die moord op die Jode, die Holocaust, in die Tweede Wêreldoorlog hartstogtelik verklaar dat so ‘n menseslagting nooit weer sou plaasvind nie. Maar 1994 het gekom. In Afrika vind die gruwelikste volksmoord plaas in Rwanda toe meer as 800,000 Tutsi’s letterlik geslag is. In die moderne wêreld wat klein geword het, en waar so geroem word op "menseregte" wat beskerm word, is die gebeure oogluikend toegelaat. Die etniese kookpot wat ontstaan het uit meer as ‘n eeu se vyandskap tussen die Hutu-meerderheid en die Tutsi-minderheid in Rwanda het net voortgewoed. Daar was vir ‘n tyd lank deur die Belgiese koloniale heersers geglo dat die Tutsi’s begunstig moes word omdat hulle ontwikkeling sou kon meebring.. 6 April 1994 het gekom en van toe af sou die Tutsi’s aan die ontvangkant van die woede wees. Pres. Clinton van Amerika het sy skok en besorgdheid uitgespreek en Beldgie en Frankryk het soldate gestuur om hul eie burgers by te staan. Die VN het hulpeloos eenkant gestaan en toekyk. Kort na die vreeslike nag van 6 April, het die VN ook besluit om sy magte in die g ebeid met meer as die helfte te verminder. Die destydse minister van buitelandse sake van die VSA me Madeleine Albright se kommentaar was dat sy meen die VN en die Veiligheidsraad het die boot verpas. Daar sou nie ingegryp word en die moordenaars ‘n les geleer word nie soos later in Afghanistan of Irak nie. Hierdie was Afrika. Was dit ‘n bewys dat ‘n lewe in Afrika vir die demokratiese wêreld van die Weste nie veel waarde het nie? Is daar ‘n gebied in Afrika waar die VSA al die demokrasie gevestig het en ‘n verskil tot voordeel van die mense gemaak het? Hoe lyk Afrika se mense vandag as die Afrikane nou die heuglike dag van 6 April herdenk? In watter land werk die demokratiese sisteme Kon die land wat Jan van Riebeeck op hierdie datum help stig het nie dalk in samewerking met die verligte westerse nasies die heil van Afrika help uitwerk het nie en ‘n verskil gemaak het nie? Nee dit was nie goed nie. "Menseregte" was op die spel. Dit het nie gebeur nie en nog lande in Afrika sterf aan die siekte van 6 April Het die westerse nasies dalk hulp en raad, behalwe pap en kookolie vir die lyding van mense in Zimbabwe? |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





