![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Thursday 27th of May 2004 Die SRA in Swakopmund het die week hul jaarvergadering gehou. Verslag is gedoen oor die verloop van die verkiesing en die voorsitster me d’ Avignon het die vergadering meegedeel van die ongerymdheid in die stemure by twee van die stembusse in Swakopmund. ‘n Opvolgbrief oor die saak is aan die verkie-singskommissie geskrywe om beswaar aan te teken. Die voorsitster het verslag gedoen oor die werksaamhede van die organisasie die afgelope jaar. Dis duidelik dat baie ure deur komiteelede bestee is aan die sake van die inwoners van Swakop-mund. Elke raadsvergadering wat die jaar gehou is, is deur komiteelede by-gewoon en probleme voortsprui-tend uit die agenda is met die raad opgevolg. Veral die geldsake van die stad word besonder deeglik dopgehou en vrae gestel wanneer nodig. Die algehele welsyn van die in-woners sover dit munisipale sake aangaan word in besonderhede ontleed en indien nodig word met die owerhede onderhandel. Die nuwe verkose raadslid, mnr Peter Steinkopff wat ook die tesourier van die organisasie is, het ‘n volledige finansiele staat voorgelę en die lede is verseker dat die organisasie se geldsake gesond is en behoorlik geoudit is. Die lid is ook geluk gewens met sy verkiesing en sterkte toe-gewens vir die moeilike termyn wat voorlę Wat die verkiesingsuitslae betref sou die organisasie graag meer lede wou verkies gehad het maar was wel naby aan die vereiste vir die tweede lid. Die stem-metal in totaal was meer as dubbel die van die vorige jaar en dit getuig reeds van groei. Meer lede sou egter beteken het sterker bedingingsmag vir die SRA ten bate van die inwoners. Duisend stemme was nodig vir een lid volgens die stempersen-tasie en die SRA het dit net nie gehaal om meer as een te kry nie. Die bestuurskomitee van die SRA is weer eenstemmig verkies en verskeie lede het hul waardering uitgespreek teenoor die werk wat gedoen word. Me d’ Avignon is vir die elfde keer as voorsitster verkies en die vergadering was dit eens dat sy met soveel toewyding die taak verrig dat sy versoek is om voort te gaan. Daar word beplan om in die nuwe termyn wyer uit te beweeg na die inwoners veral diegene wat na tien jaar se bedrywighede nog nie ingelig is oor waarvoor die organisasie eintlik werk nie Dit sou egter baie goed wees indien meer lede van die publiek die raadsvergaderings elke laaste Donderdag van die maand persoonlik kan bywoon en hulle vergewis van die sake op die agenda en waaroor die werksaamhede eintlik gaan. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





