![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 2nd of July 2004 Aan die kus gaan dit feestelik. Swakopmund het pas sy weeklange Karneval afgesluit of dis al weer tyd om klaar te maak vir Hentiesbaai se visfees wat plaasvind op 9 – 10 Julie. In Swakopmund was die karneval eintlik gewy aan Martin Luther met die spreuk: "Hier stehe ich…." Die tyd was net reg gekies want MartinLuther is pas uit die intensiewe eenheid by Nimt ontslaan en sal nou in Swakopmund by die firma R.J. Southey die finale herstelfase deurloop van sandspuit en verf. Dan sal hy op sy ereplek net buite die dorp weer sy staan kry en as dit met die stadsraad baie goed gaan en die nodige geld beskikbaar is, dan sal die staanplek voorsien word van ‘n dak om skuiling te bied teen die elemente vir die eerbare statige eerste burger van die dorp. In die karnevaloptog is hy reeds vereer toe die Prinzenpaar in ‘n "Martin Luther-koets gery het. Die Cottage-hospitaal het met ‘n perfekte model van die waardige ou heer sy hospitaalbehandeling op hul vlot uitgebeeld. Daarvoor het hulle dan die eerste prys in die optog verower. Nou, in Hentiesbaai is vis nou weer die groot woord. en vir die twee dae sal daar vis ge-eet word, vis gevang word en vis gepraat word.. Die inwoners van die dorp of besoekers sal dan hulle onderskeie kultuurgroepe se tradisies kan waardeer wanneer daar besoek gebring word aan die tradisionele Damara-huisies wat by die saal langs die gholfbaan opgerig word. ‘n Deftige tradisionele troue sal aangebied word en ‘n verskeidenheid van kossoorte soos onder andere mahangu-geregte sal aangebied word Die groepe wat sal deelneem is die Herero’s, Damaras, Topnaars, Wambo,s en die blankes . Selfs ‘n kleurvolle volkspele-vertoning sal aangebied word. Diwe burgemeester mnr Paulus Imbamba is baie opgewonde oor die fees en het alle samewerking belowe. Hy wil veral sien dat Hentiesbaai as ‘n verenigde gemeenskap vorentoe beweeg. Plaaslike musikante sal optree en Werner van Walvisbaai sal ‘n bydrae lewer. Hy het reeds naam gemaak deur sy optredes by funksies. By al die verskeidenheid visgeregte wat gaan aangebied word, sal Hentiesbaai se eie sampioene ook ‘n smullekker gereg op die spyskaart wees. Dat die kusbewoners sowel as binnelanders groot pret kan hê by die visfees is seker en dit kan weliswaar een van daardie "onthou jy nog"-feeste van die jaar wees. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





