Swakop Waterfront begin

Friday 23rd of July 2004
Petra Hamman

Realty 2000 van Windhoek is die ontwikkelaars. Hulle het reeds ‘n indrukwekkende rekord van ontwikkelings wat hulle in Windhoek gedoen het en Basil Smit het die week namens hulle die perseel oorgedra aan die kontrakteurs Desert Child wat verteenwoordig was deur Deon Verster en veranwoordelik is vir die bouwerk.

Die argitekte van die projek is die Bomax groep van Kaapstad en Hardy Boehm die argitek, is vir die projek hul verteenwoordiger in Swakopmund

Mnr Festus Naholo, voorsitter van die Direksie van die Waterfront Company het kortliks die situasie van die Waterfront Co. geskets en die publiek verseker dat probleme uit die weg geruim is en die verwagting is dat die bouwerk binne die volgende drie maande gaan begin. Basiese grondwerke is reeds aan die gang. Studies oor die seebodem is ook nou voltooi en dit vergemaklik ook die werk wat kan begin. Swakopmunders sal beslis binne afsienbare tyd belewe dat die "groot gat" vir die jag aanlęplek begin grawe word. Na verwagting sal die eerste deeltiteleenhede binne twaalf maande beskikbaar wees. Sowat 60% daarvan is reeds verkoop. Die hele projek sal na verwagting binne vier jaar voltooi wees. Die verwagte koste sal ongeveer N$350 – N$400 beloop

Die verskillende rolspelers in die projek het mekaar Maandagmiddag op die terrein van die bouwerk ontmoet om die prosedures wat die werk aan die gang gaan sit, af te handel. Daar is nou ‘n element van dringendheid by die ontwikkelaar, bouer en argitek te bespeur en dat hulle ywerig is om met die werk te begin is duidelik.

Dus, Swakopmunders, hierdie poging is dalk nou "Die ware Jakob!"

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia